SEUNS |
DOGTERS |
1. Skooldrag
- Broek: Grys – lank of kort
- Gordel: Dun swart gordel met klein silwer gespe
- Hemp: Blou met skoolwapen
- Slegs VRL dra wit hemde.
- Das: Gestreepte skooldas/VRL-das/ erekleure das: slegs indien die toekenning aan jou gemaak is.
- *Trui: Maroen –langmou- of oortrektrui, in skoolkleure
- Gr. 12’s blou oortrektrui
- VRL Topbestuur wit oortrektrui
- Kouse: Grys
- Skoene: Swart skoolskoene
- Kleurbaadjie: Maroen met skoolwapen (verpligtend, word elke Maandag tydens saalopening saam met ‘n skooldas gedra)
- Winterbaadjie: Slegs tydens 2de en 3de kwartaal toelaatbaar (verbode tydens saalopening)
- Pette: Maroen met wapen
- “Beanies” slegs maroen en in die winter
|
1. Skooldrag
- Romp: Maroen (4 vingers bo knie)
- Langbroek: Maroen en moet saam met maroen kouse gedra word
- Hemp: Blou met skoolwapen. Slegs VRL dra wit hemde.
- Kouse: Maroen skoolkouse
- Dik swart sykouse “tights” saam met romp (slegs 2de en 3de kwartaal toelaatbaar). Enkellengte maroen kouse is verbode in winter
- Das: Gestreepte skooldas/VRL das/erekleure das: slegs indien die toekenning aan jou gemaak is.
- Trui: Maroen –langmou- of oortrektrui, in skoolkleure
- Gr. 12’s blou oortrektrui
- VRL Topbestuur wit oortrektrui
- Skoene: Swart skoolskoene
- Kleurbaadjie: Maroen met skoolwapen (verpligtend,word elke Maandag tydens saalopening saam met ‘n skooldas gedra)
- Winterbaadjie: Slegs tydens die 2de en derde kwartaal toelaatbaar (verbodetydens saalopening)
- ”Beanies” slegs maroen en in die winter
|
2. Sportdrag
- Skoolsweetpak of korrekte drag van betrokke sport word vereis
- Indien leerders nie ‘n skoolsweetpak besit nie is skoolklere verpligtend wanneer hy nie besig is om deel te neem nie.
- Sportondersteuners moet in
- volledige skooldrag geklee wees
- Geen sportbaadjies of-sweetpakke toelaatbaar tydens skoolure nie
|
2. Sportdrag
- Skoolsweetpak of korrekte drag van betrokke sport word vereis
- Indien leerders nie ‘n skoolsweetpak besit nie is skoolklere verpligtend wanneer sy nie besig is om deel te neem nie.
- Sportondersteuners moet in volledige skooldrag geklee wees
- Geen sportbaadjies of-sweetpakke toelaatbaar tydens skoolure nie
|
3. Voorkoms
- Leerders moet altyd tydens skoolure in skooldrag geklee wees.
- Hare moet kort, netjies en skoon
wees. (Hare mag nie oor kraag, ore of wenkbroue hang nie)
- Gekleurde hare word toegelaat – slegs een skakering ligter of donkerder as natuurlike haarkleur.
- Geen vreemdehaarstyle is toelaatbaar nie. Geen lang, los kuiwe word toegelaat nie.
- “Braids” moet vasgemaak word aangesien die reël van kort hare om ore en in die nek geld. Geen patrone mag in hare gesny wees nie. “Braids” mag net een skakering ligter as natuurlike haarkleur wees.
- Seuns mag jel dra.
- Baarde, snorre en wolwange is
verbode, wangbaarde nie langer as middeloor nie. Seuns moet elke dag skoongeskeer wees.
- Geen grimering is toelaatbaar nie
- Tatoeëermerke mag nie sigbaar wees nie en moet onder skoolklere gedra word.
- Alle naels moet kort en netjies wees.
|
3. Voorkoms
- Leerders moet altyd tydens skoolure in skooldrag geklee wees.
- Hare moet netjies en skoon wees.
- Lang hare/ ”braids” moet vas wees met linte, kopbande of knippies in skoolkleure (maroen,blou,goud).
- Dra slegs een kleur op ‘n slag.
- Rekkies mag kleur van die hare wees bv. swart of bruin indien jou hare swart of bruin is.
- VRL mag wit dra.
- Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie.
- Gekleurde hare of gekleurde ”braids” word toegelaat – slegs een skakering ligter of donkerder as natuurlike haarkleur.
- Geen lang, los kuiwe word toegelaat nie. Geen patrone mag in hare gesny word nie.
- Naels moet kort en netjies wees.
French manicure word toegelaat, maar naels mag steeds nie oor die vingerpunte steek nie, slegs kleurlose naellak word toegelaat. Geen naelkuns is aanvaarbaar nie.
- Geen grimering is toelaatbaar nie
(ook nie onderlaag of poeier nie)
- Tatoeëermerke mag nie sigbaar wees nie en moet onder skoolklere gedra word.
|
4. Juwele
- Slegs ‘n polshorlosie aan die arm
- Slegs een Christelike bandjie in die skoolkleure: blou, maroen of geel
- Geen ringe
- Geen oorbelle
- Geen oog- neus- lip- of tongringe
|
4. Juwele
- Slegs ‘n polshorlosie aan die arm
- Slegs een stel oorbelle in die onderste gaatjie. ‘n Enkele ringetjie per oor in goud of silwer, nie breër as 2mm,ook nie groter as ‘n 20c munt nie. Of een ronde knopie per oor, slegs goud, silwer, pêrel of wit kristal (maksimum 5mm groot).
- Slegs een seëlring mag gedra word
- Slegs een Christelike bandjie in die skoolkleure: blou, maroen of geel.
- Geen oog- neus- lip- of tongringe
|
5. Sentrumdrag
- ‘n Oorpak moet volgens fabrieks-
regulasie gedra word.
|
5. Sentrumdrag
- ‘n Oorpak moet volgens fabrieks-
regulasie gedra word.
|
6. Provinsiale en SA kleure
|
6. Provinsiale en SA kleure
|