Netbal

 

‘n Geliefde sportsoort by menigte dogter, wat droom om eendag in die Eerste span te speel, van so klein as 5 jarige ouderdom.

 

Doel:

Jannas Netbal se doel is nie net gemik op die oorwinning van elke wedstryd nie, maar ook die ondersteuning en aanmoediging tydens oefeninge en wedstryde. 

 

Passie:

Die afrigters het ‘n passie vir die sport en wil graag hê dat elke dogter haar beste kan lewer. 

“Attitude determines Altitude”

 

Fokus:

Ons fokus lê by die ontwikkeling van elke speelster asook die ontginning van elke speelster se individuele sterk punte en talente.

 

Toewyding:

Afrigters woon afrigtingskursusse by.  Hul word opgelei as skeidsregters.

Ons woon klinieke by en toer elke jaar.

Tegnieke en afronding vorm die dogters om beter te presteer in ligas en uit te styg en te presteer in hul spesifieke posisies wat hul speel.

 

Fasette van Netbal:

  • Toewyding 100%
  • Respek vir haarself en span
  • Dissipline – op en van die baan af
  • Sportmanskap – wen of verloor, solank jy jou beste gegee het
  • Getroue bywoning – jy is deel van ‘n span

 

Afrigters:

  • o/14 – Me A. Kloppers
  • 0/15 – Me M. Meiring
  • 0/16 – Me N. Crous
  • 0/17 – Me Z. Pieterse
  • Eerstes – Me S. Maas en Me M. de Winnaar (Spanbestuurder)

 

Netbal Admin:

  • Organiseerder – Me M. de Winaar
  • Hulp-organiseerder – Me B. Briedenhann
  • Tegniese Tafel – Me B. Kruger

 73 total views