Jannas Koor

 

‘n Splinternuwe Jannas Koor is besig om uit die stof op te staan. Ons is gestuit in 2020 om te begin sing deur Covid 19, maar maskers gaan ons nie meer keer om ons lied te laat hoor nie! Hou hierdie spasie dop!

 

Waarom sing ‘n mens koor?’

Dit kan op geen beter manier beskryf word as uit ‘n aanhaling van Foster Lubbe (Stellenbosch koor se voorsitter van 2016) se onderhoud wat deur Kyknet gedoen is vir die “World Choir games” wat in Suid-Afrika aangebied is tydens daardie jaar nie. Hy sê: “Mens leer soveel in die koor” dat dit vir hom gelykstaande voel aan ‘n ekstra graad.

Dis presies wat koorsing is, dit gaan nie net oor die musiek en sang nie, maar om koor te sing leer jy mense ken, en verhoudings tussen mense bou. Dit leer jou ‘n trotsheid en baie fyn toegewydheid aan. Koorsing is baie harde werk, maar ook groot pret. Dit leer jou fokus en konsentreer, en plaas jou in die posissie om iets van jouself aan ‘n ander te gee. Jy weet nooit wie sit in die gehoor van ‘n optrede, op wie jou glimlag of koor se lied ‘n lewenslange lewensverandering kon bring nie…

Kom sing in Jannas se koor. Ons maak saam ‘n verskil aan die wêreld rondom ons.

 43 total views