Gholf

 

Gholf word by Jannas vir seuns en dogters aangebied. Ons dinamiese skool het twee provinsiale spelers opgelewer: Jenny Pretorius en Juan Geyser.

Jaarliks speel ons teen skole reg or die land op ‘n gholftoernooi by die Suidkus, waar Jannas díe toernooi reeds drie keer gewen het! Ons sien uit daarna om vir nog baie jare daar te gaan toer. Ons het die Super 12 reeks teen Riebeeckrand ook altyd gewen!

Ons, as `n skool, bied self ook twee gholfdae `n jaar aan vir onder meer, fondsinsameling en om die sport te bevorder. By hierdie WOW-geleenthede word groot pryse gewen en word ons skool gesien as baanbrekers op die baan.

Die gholfseisoen begin in die tweede kwartaal, waar ons op verskeie bane in Gauteng speel. Wedstryde word gewoonlik op Woensdae of Vrydae gespeel. Leerders word selfs met `n bus vervoer na die “driving range”, waar spesifieke tegnieke soos op afslane, sandput houe, setperk oefeninge en kortspel oefeninge bemeester word.

 45 total views