Hokkie

 

Vir Jan Viljoen is hokkie veel meer as net oefening, aangesien dit bydra tot ‘n kind se sielkundige en sosiale ontwikkeling. Die sportveld skep vir ons kinders ‘n omgewing waar hulle leer om lewenssituasies te hanteer en aan te pas en om in spanverband te funksioneer. Dit alles is belangrike vaardighede wat ons leerders moet aanleer om in die toekoms as volwassene te kan funksioneer.

Die hoofdoel van Jan Viljoen se hokke is dat elke speelster genot daaruit moet put.  Leerders moet deelname geniet.  Ons streef daarna Om ‘n gesonde balans tussen prestasie en deelname te bewerkstellig, Om sportvaardighede aan te leer, om kwaliteitafrigting te verseker deur van die mees toepaslike afrigtingstegnieke, -kursusse en -klinieke gebruik te maak en Om ons leerders se talente te identifiseer en te ontwikkel.

 

Onlangse prestasies:

In 2018 het ons 0/16 hokkie span die kleinskole liga gewen en ook 3de geïndig in die Noorvaal liga.

 74 total views