Rugby

 

Rugby by Jannas is een van ons skool se mees geliefde sportsoorte. Sodra elke skooljaar begin sien groot groepe seuns daarna uit om ons land se nommer een sport te speel en die seisoen aan te pak, maar ook eers na ‘n baie harde en lekker voorseisoen oefenprogram.

Jannas rugby se doel is nie slegs net gemik op die wen op die veld nie, maar ook van die veld af. Enige persoon wat deelneem word as `n wenner gesien, ongeag die uitslae op die veld. Deur harde werk en toewyding presteer ons seuns bo hulle vermoëns en bou op tradisies wat al vir dekades deel vorm van die Jannas familie.

By Jannas is die afrigters passievol, elk met ‘n hart wat klop vir rugby en al die mooi oomblikke en lesse wat daarmee gepaard gaan. Alle afrigters neem deel aan reël besprekings en opleiding om hulle vaardighede as afrigters op te skerp. Die fokus lê by die ontwikkeling van elke speler asook die ontgunning van elke indiviuele speler se talente, sodat elke speler tot die beste van hulle vermoëns kan presteer.

 

Wie is die Kamakazi’s?

Hoërskool Jan Viljoen se 1ste Rugby span is vernoem na die sogenoemde Kamikazi vlieëniers wat in die tweede Wêreldoorlog geveg het en as laaste uitweg hulle vegvliegtuie gebruik het as wapens om vyand skepe te sink op die aanval. Deur hierdie braaf en patriotiese dade het die naam Kamikazi hierdie spesiale groep vegters uit-oor-leef.

So word Jan Viljoen se Kamakazis ook uitgebeeld, ‘n Spesiale groep manne / span wat met alles in hulle sal veg tot die einde toe en ongeag,steeds ware sportmanskap uitbeeld. Met ‘n nuwe lig op rugby in 1996, maak die Kamakazi’s hul debuut op Jannas se rugby veld in geel en maroen, hulle draf uit op die lied “Kazi’s Call” en het net een ding in hul gedagtes…“no guts, no glory”

 

Wat leer jy van rugby af?

Een van die wêreld se mees opwindenste dog hardste sportsoorte sal vir jou as liefheber en speler die volgende eienskappe leer en ook verder ontwikkel.

 

Hier by Jannas lyk dit so:

  • Toegewydheid – 110% altyd!
  • Selfdissipline – Hoe ek myself verbeter.
  • Dissipline – Doen wat reg is en stel die span se belange bo my eie…
  • Sportmanskap – Om te aanvaar dat jou teenstanders nie vyande is nie…
  • Uithouvermoë – Ons gee nie op tot die eindfluitjie blaas nie.
  • Respek – Ons behandel almal soos ons self behandel wil word.
  • Volharding – Gee jou alles!

 

Jannas se spanne en afrigters (2021):

 

o/14

  • Mnr Dirkie Marais
  • Mnr Rayno Wagner

 

o/15

  • Mnr Chris-Juan Ras
  • Mnr Brandon Du Preez

 

o/16

  • Mnr Fanie Schoonraad
  • Mnr Marco Naudé

 

Kiewiets 2de

  • Mnr Niel Horn
  • Mnr Stef Calitz

 

KAMAKAZIS 1ste – Span

  • Mnr Zakkie Pretorius
  • Mnr Johan Swart

 80 total views