Atletiek

 

By Hoërskool Jan Viljoen het ons aan die begin van elke jaar ‘n heerlike atletiek seisoen.  Behalwe vir die Interhuis waar on massadeelname aanmoedig, bied ons ook elke jaar ‘n tuisbyeenkoms aan waar 4 ander skole by ons kom deelneem.  Ons neem ook aan 3 – 4 ander vriendskaplike byeenkomste deel voor ons dan die NWU se Interhoër aanpak.

Ons neem ook jaarliks aan die Top 15 by UJ deel en aan die Top 20 by Naboomspruit deel.  Hierdie byeenkomste is waar ons top atlete hulle staal kan wys en kan wys hulle staan vir niemand stil nie.

Ons het elke jaar ‘n groot span wat aan die D2 kampioenskappe deelneem. In 2020 het ons 4 atlete gehad wat aan die Gauteng kampioenskappe deelgeneem het. Ons het gereeld leerders wat kwalifiseer om aan die junior SA kampioenskappe deel te neem.

Ons bied ook jaarliks ‘n atletiekafrigtingskursus aan waar Nasionale afrigters ons personeel en die van omliggende skole bemagtig  om werklik die leerders te help om hulle items te verbeter.

 120 total views