By Hoërskool Jan Viljoen bied ons 21 vakke tot graad 12 aan. Met hierdie wye vakkeuse bied ons skool die beste geleenthede aan ons leerders  om na skool in diverse beroeps- en vakrigtings te spesialiseer.

Ons is besonders trots op ons matrieks van 2020 en wat hul in `n COVID-19 jaar kon vermag. Ons is baie opgewonde dat die meeste van ons leerders kwalifiseer vir verdere studies. Ons is besonders trots op Dolla Nel wat kan spog met 6 onderskeidings in: Afrikaans, Engels, Fisiese Wetenskap,  Lewenswetenskap, Rekeningkunde en Lewensoriëntering. Maar by Hoërskool Jan Viljoen gee ons nie net erkenning aan die toppresteerders nie. Ons lig ook ons hoed vir elke graad 12 van die klas van 2020 wat met harde werk en deursettingsvermoë hul doelwitte bereik het!

Alhoewel ons nie met `n 100% slaagsyfer kan spog nie, spog ons wel met `n 100% slaagsyfer in die meeste van ons vakke. Geluk aan die vakke in ons Akademiese Studierigting sowel as al ons Tegniese vakke – in ons groot Tegniese Studierigting – wat uitgeblink het met 100% slaagsyfer. Julle mag maar `n veer in die hoed dra!

By Jannas bemagtig ons leerders om hul plek vol te staan in die grootmenswêreld. Ons beste wense vergesel die klas van 2020! Eenmaal `n Janna, altyd `n Janna…

Daleen Nel

George Smülling

Carmen de Beer

Christe-Marie Gerber

Jacorene Visser

Adél Roos

Eugene Willemse

Stephen Brits

Arriana van Staden

Louise Schoombie

 95 total views