Pom-poms

 

Wat is Pom-poms?

Pom-poms is ‘n dansaktiwiteit waar leerders hulself kan uitbeeld. Dit bevat verskeie dans style soos hip-hop, pom-dance, break-dance en verskeie toertjies wat in die lug uitgevoer word.

 

Waarom bied Jan Viljoen Pom Poms aan?

By Jan Viljoen verstaan ons dat alle leerders se talente nie op die rugbyveld of netbalbaan uitgebeeld kan word nie. Ons leer ons leerders ook hoe om as ‘n span saam te werk. Pom-poms is vir beide seuns en dogters bedoel. Dit bou leerders se selfbeeld op en terselfde tyd hou dit die leerder fiks en gesond.

 

Wie is die afrigters?

Ons afrigters is Mee B. Lindner-Button en B. Kruger.

Vuyo Mabona en oud-Janna, Lizandré Haywood is die Pom-pom span se twee choreograwe.

 

Toekennings?

Ons werk jaarliks hard om as Randfontein Skou wenners gekroon te word. Jannas Pom-poms neem ook deel aan ander kompetisies soos die Roodepoort Dance Festival, Clash of the Titans en RACA.

Jan Viljoen se Pom-pom span is die 2019 en 2020 Skou wenners.

Tydens 2019 het ons aan RACA deelgeneem en ‘n goud verwerf.

Ons het ook aan ‘n kompetisie deelgeneem met die naam van Clash of the Titans waar ons nét so goed gedoen het.

By die Roodepoort Dance Festival het ons hard gewerk en twee eerste plekke verwerf.

 

Ons Pom-poms werk jaarliks BAIE hard om die skou titel te ontvang, deel te neem aan verskeie dance festivals en Kunstefeeste – RACA en NEA

2020 Hoogtepunte:

  • Skou wenners

2019 Hoogtepunte:

  • Skou Wenners
  • RACA – Diamand (95%)
  • Clash of the Titans – 2de plek
  • Roodepoort Dance Festival – 1ste plek; Special award
  • NEA – Diploma

 72 total views