Krieket

 

Krieket is ‘n dinamiese, opwindende en uitdagende ‘kolf- en bal’-spansport wat ideaal is vir kinders en volwassenes van beide geslagte wat GROOT genot verskaf. Dit is ‘n nie-kontak sport wat binne of buite gespeel kan word, vir ‘n kort tydjie of vir dae aaneen.

Wat krieket van baie ander sportsoorte onderskei, is dat dit van spelers vereis om indrukwekkende fokus en strategiese vaardighede te hê. Dit is soos ‘n werklike skaakspel, waarin elke beweging deeglik bedink en bereken moet word. Dit gesê, krieket help nie net om die liggaam fiks te hou nie, maar ook die verstand.

Behalwe vir fisieke gesondheidsvoordele, kan krieket ook ander voordele en geleenthede meebring soos: Spanvaardighede. Sosiale vaardighede soos samewerking, kommunikasie en leer hoe om te wen en te verloor. Sosiale interaksie – dit is ‘n uitstekende manier om nuwe mense te ontmoet en nuwe vriende te maak.

Jannas krieket presteer op verskillende gebiede en die spelers is toegewyd en lojaal aan mekaar. Hierdie is maar slegs net nog `n uitbreiding van ons uitgebreide Jannas–familie.

 70 total views