Jannas vier 85ste bestaansjaar

Jannas vier 85ste bestaansjaar "Later sou die skool trots bekend staan as Hoërskool Jan Viljoen vir beide tegniese en akademie inskrywings om matriek te voltooi" – Onderwyser.   22 Februarie 2023   Die leerders van Hoërskool Jan Viljoen het op Vrydag, 17 Februarie 2023 hul skool se 85ste verjaarsdag gevier deur die nommer 85 op die skool se vierkant uit te beeld.  Een van ons onderwyser , mnr Rudi van Wyk het vertel dat die skool se bestaansjare op verskeie maniere gevier gaan word regdeur die jaar.  Hy het ook ‘n bietjie geskiedenis ons skool se bestaan gegee – die skool is amptelik op 18 Oktober 1939 geopen deur die destydse burgemeester van Randfontein, mnr MN Smith as ‘n Tegniese College wat sou doseer in beide Afrikaans en Engels.   “Later sou die skool trots bekendstaan as Hoërskool Jan Viljoen vir beide tegniese en akademie inskrywings om matriek te voltooi.”   Mnr Rudi het verder vertel dat die skoolgeboue ‘n baken in Randfontein is en het oor die jare duisende leerders by die voordeur laat instap en hulle gevorm tot volwaardige landsburgers van hulle gemeenskappe. “Ons doen ‘n beroep op alle oud-Jannas leerders om deel te vorm van die skool se feesvieringe en hulle weer op te roep tot ons leuse – Labore Ad Lucem [Deur Arbeid na Lig] en deel te vorm van die 85ste Feesjaar.” Die leerders van Hoërskool Jan Viljoen het hul skool se 85ste verjaarsdag gevier deur die nommer 85 op die skool se vierkant te vorm Die skoolgeboue staan as bakens in die gemeenskap

Jannas kry sy eerste vroue-waarnemende hoof

Jannas kry sy eerste vroue-waarnemende hoof Hoërskool Jan Viljoen het geskiedenis gemaak deur 'n vrou as waarnemende hoof aan te stel.   16 Februarie 2023   Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het vir die eerste keer in sy geskiedenis ‘n vrou as waarnemende hoof aan die stuur.  Dit is duidelik dat Shereen Mogorosi hier is om ‘n verskil te maak en die skool na nuwe hoogtes te neem.   “Dit is ‘n eer en ‘n voorreg om aangestel te word want dit is my Alma Mater. Dit is weereens ‘n geleentheid om terug te gee aan my gemeenskap want ek sou nie wees waar ek is as dit nie vir die skool was, en die ondersteuning wat ek gekry het toe ek hier op skool was nie. Dit is vir my ‘n voorreg om legendes se voete vol te staan.”  Sy het verduidelik dat die pos ontstaan het as gevolg van die transformasie wat in die skool plaasvind en die gerugte oor verlede jaar se insident.   Chaos het op Maandag, 14 Februarie 2022 losgebars toe talle gemeenskapslede probeer het om hul stemme te laat hoor. Dit het gevolg op bewerings dat daar ‘n insident van rassisme die vorige Vrydag by die skool plaasgevind het.   “Ek dink almal het verskillende agtergronde en niemand verstaan eintlik diversiteit nie. Dit fokus nie net op ras nie, ons het verskillende kulture en almal het verskillende maniere van goed doen. Dit is belangrik om die samehorigheid tussen mense te bring en te verstaan op die einde van die dag is ons almal geskape deur God. Ons moet dit weer terugbring en uitleef. Hulle moet verstaan as jy skooltoe kom dan kom jy na ‘n veilige plek toe wat jou grootmaak vir die buitewêreld.”  Me Mogorosi het verduidelik dat die hele doel is om weer vrede, waardes en samesyn terug te bring in ‘n funksionerende skool waar kinders die reëls volg. Wanneer dit kom by die voorval van Februarie 2022 het sy vertel ‘lets call a spade, a spade’. “Ek is baie regverdig, konsekwent en kies nie kante nie, en as so iets weer sou gebeur sal ek onmiddellik die saak hanteer. Wees gemaklik met wie en wat jy is. As jy wit is, is jy wit – aanvaar dit want God het jou so geskape en niemand kan dit verander nie, jy is steeds geregtig tot jou eie opinie, moet dit net nie afdwing op ander nie. As ek swart is, is ek swart – ek moet gemaklik wees met wie en wat God my gemaak het, ek het nie nodig om ‘n verskoning daarvoor te maak nie, as ek ‘n kleuring is, dan is ek ‘n kleuring want dit is die rasse wat ek in die skool het.” Me Mogorosi het gesê dat hul ‘n diversiteitskomitee begin het en hul anti-boelie beleid gaan ook daarmee gepaart. “Diversiteit gaan nie net oor ras nie, dit gaan oor jou seksualiteit, geslag, geloof – dit is alles verskillende goed en jy spreek dit aan en aanvaar dit want dit is die samelewing waarin ons lewe en jy moet dit aanvaar, jy moet mense respekteer vir wie en wat hulle kies om te wees, terwyl dit net binne die perke is.” Aan die gemeenskap wil sy dat mense nie van die verlede moet vergeet nie, ‘maar eerder daaruit moet leer’. “Hoërskool Jan Viljoen is ‘n skool waar almal aanvaar word, ons is ‘n skool waar jy nooit voel of jy alleen is nie. Ons bou nou om Jannas se naam weer terug te kry waar dit was. Hierdie verandering sien as ‘n seën en nie net polities soos wat mense dit wil maak nie want dit is nie waaroor dit gaan nie, op die ou einde moet almal ‘n skool hê om na toe te gaan.” Shereen Mogorosi is Hoërskool Jan Viljoen se nuwe waarnemende hoof

Jannas hou interhuis vol gees; graad 9’s bo!

Jannas hou interhuis vol gees; graad 9’s bo! Die graad 9-leerders van Jannas het die meeste punte aangeteken tydens die skool se interhuis.   28 January 2023   Die graad 9’s van Hoërskool Jan Viljoen het kop en skouers bo ander grade tydens die skool se interhuis uitgestaan wat op Vrydag, 13 Januarie plaasgevind het.  Onderwyser Rudi van Wyk het vertel dat die bloedige son nie die Jannas-spanne afgeskrik het nie, en die nuwe graad 8-leerders het atletieksang laat dreun terwyl nuwe en ou Janna-spanne kragte op die atletiekbaan en veld afgemeet het.   Die graad 9’s uit die verskillende Jannas-spanne het die meeste punte aangeteken vir die dag en was aangewys as die trotse spanwenners van die dag.   Die spanne se resultate is soos volg: Graad 9: 436 punte Graad 11: 399 punte Graad 12: 333 punte Graad 8: 303 punte Graad 10: 298 punte   Jannas is trots op die volgende vier leerders wat weggestap het met die volgende titels: Junior Victrix Ludorum: Karmien van Coller Junior Victor Ludorum: De-Wet Bouwer Senior Victrix Ludorum: Dominique Lensley Senior Victor Ludorum: Keagan Taylor Keagan Taylor, Dominique Lensley, Karmien van Coller en De-Wet Bouwer

Gemma Botha is Jannas se toppresteerder

Gemma Botha is Jannas se toppresteerder Die 18-jarige Gemma Botha het vertel dat dit 'n groot eer en voorreg is om Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder te wees.   23 Januarie 2023   Daar was groot blydskap tydens die vrystelling van die 2022 matriekresultate – veral vir Gemma Botha, wat aangewys is as Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder. Die 18-jarige Gemma het vertel dat dit ‘n groot eer en voorreg is om die toppresteerder te wees en sy is baie dankbaar.   Tans het sy drie onderskeidings en het vier vakke wat hul gaan hermerk, so in die toekoms mag dit dalk verander.   Een woord wat haar matriekjaar opsom is ‘transformerend’. Vir vanjaar se matrikulante het sy die volgende om te sê: “Gee jou alles wat jou akademie aanbetref, hierdie is die een jaar wat die fondasie gaan lê vir die res van jou lewe, dit kan vir jou baie deure oopmaak!” Gemma Botha is aangewys as Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder

Jannas-matrieks van 2022 in die wolke

Jannas-matrieks van 2022 in die wolke Daar was enorme trots en blydskap op die gesigte van Jannas-leerders en matrieks van 2022 tydens die afhaal van hul uitslae op Vrydagoggend, 20 Januarie.   20 Januarie 2023   Die dag het uiteindelik aangebreek … ‘n dag waar talle matrikulante van Hoërskool Jan Viljoen hul langverwagte matriekresultate kon ontvang.   Op Vrydag, 20 Januarie was daar enorme trots en blydskap op die gesigte van Jannas-leerders. Die matrikulante van 2022 het vroeg die oggend al by die saal aangemeld en die goeie nuus met vriende gedeel. Diè stuk papier wat hulle afgehaal en so hard voor gewerk het was baie belangrik. Nou gaan hulle die grootmenswêreld betreë. Onyeka Udodi is baie trots op homself Christiné Steynberg en Rico Zaayman met hul uitslae Nompumelelo Luthuli met haar resultate Simoné Surrall en Karla Beukes Mattéo Nienaber en Anelda Victor Neo Seiso, Kgothatso Senyelo en Murendeni Kwinda

Grootmenswêreld, hier kom Jannas!

Grootmenswêreld, hier kom Jannas! Hoërskool Jan Viljoen se matriekklas van 2020 was opgewonde toe hulle op Dinsdag, 23 Februarie uiteindelik hul uitslae ontvang het.   1 Maart 2021   Verlede jaar was een van onsekerheid maar vir die Hoërskool Jan Viljoen-matriekklas van 2020 was dit glad nie ‘n struikelblok nie.   Jannas se nou oudmatrieks het op 23 Februarie angstig by die skoolsaal ingestap om te sien of hul harde werk gedurende die pandemiejaar vrugte afgewerp het. Dit was ‘n lang wag, maar hulle kon uiteindelik asemhaal toe hulle daardie gesogte sertifikaat in hul hande gehou het.  Sommige leerders het reeds vroeg skool toe gekom vir wat die laaste keer sal wees om hulle matriekuitslae te kry.   Nadat die spanning gebreek is, was daar baie glimlagte. Daar is ook gesels oor hul uitslae en toekomsplanne.  Baie het vertel dat dit nie te moeilik was om in ‘n pandemie matriek te doen nie en dat hulle baie beter presteer het as wat hulle verwag het. Almal het een ding in gemeen – hulle is opgewonde oor die toekoms en om die grootmenswêreld te betree.   Hier is wat sommige Jannas-matrikulante van 2020 te sê gehad het: “Ek voel fantasties dat ek finaal uit matriek uit is,” het Mandrè-Lee Joubert gesê.  Chanique Stone het vertel dat dit onwerklik voel om klaar te wees met skool, en dat die pandemie dit moeilik maar ook normaal gemaak het om matriek te doen. Dit gaan beter want nou is die stres weg. Volgens George Schmulling was dit nie maklik om alles self te doen nie, maar dit het hulle ‘n voorsmakie van die studentelewe gegee. “Dit is vir my verskriklik awesome om klaar te wees met skool. Dit maak my eintlik hartseer om die vriende agter te laat, maar om ‘n nuwe begin te hê en aan te gaan met my lewe is baie cool,” het Dalèèn Nel vertel. Vir Adél Roos was dit ‘n bietjie moeilik om in ‘n pandemie te swot maar sy is bly dit is verby. Monique van Dyk gaan haar drome volg en ‘n verpleegster word. “Ek is trots op my punte. Met die pandemie het ek nie gedink ek gaan so goed doen nie, maar ek sien daarna uit om Pukke toe te gaan,” het Lee Ann van Dyk vertel. Nicolene van Dyk het gespog dat sy al haar vereistes nagekom het en dat sy opgewonde is oor haar uitslae. Sy gaan saam met haar twee sussies Pukke toe. Egan Geldenhuys het vertel dat sy positief voel oor haar punte en dat sy deur is. “Ek is baie opgewonde oor wat die toekoms inhou,” het Nadine Horn laggend gesê. “Ek is baie trots op my punte!,” het Annerie Duvenage vertel. Monique van Dyk, Lee-Ann van Dyk en Nicolene van Dyk gaan al 3 Pukke toe. Foto: Michelle Roodt Nadine Horn is opgewonde oor die toekoms. Foto: Michelle Roodt Mande-Lee Joubert voel fantasties! Foto: Michelle Roodt Daleen Nel is reg vir 'n nuwe begin. Foto: Michelle Roodt Egan Geldenhuys voel positief oor haar punte. Foto: Michelle Roodt Adél Roos is bly dit is verby. Foto: Michelle Roodt

Ses nuwe onderwysers vir Jannas!

Ses nuwe onderwysers vir Jannas! Hoërskool Jan Viljoen is baie opgewonde om hierdie nuwe onderwysers by hulle te verwelkom.   1 Februarie 2021   Hoërskool Jan Viljoen het die voorreg om ses nuwe onderwysers by hulle skool te verwelkom nog voor die nuwe skooljaar begin.   Die nuwe onderwysers is baie opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk in hulle lewens.  Hulle is Heine Kleinhans, Maruschka Meiring, Rayno Wagner, Gazelle Kylander, Dirkie Marais en Anesta Kloppers.  Heine gaan onderrig gee in Tegniese Wetenskap en Fisiese Wetenskappe, Maruschka gee Sosiale Wetenskappe en Lewensoriëntering, Rayno gee Wiskunde en Lewensoriëntering Sport, Gazelle gee Natuurwetenskap, Dirkie gee Wiskunde Geletterdheid en Lewensoriëntering Sport, en Anesta gee Afrikaans.  Hoërskool Jan Viljoen sien baie daarna uit om die nuwe onderwysers aan die Jannas-leerders voor te stel. Gazelle Kylander, Dirkie Marais, Anesta Kloppers Foto: Michelle Roodt Agter:  Heine Kleinhans, Maruschka Meiring, Rayno Wagner Foto: Michelle Roodt Agter:  Heine Kleinhans, Maruschka Meiring, Rayno Wagner Voor:  Dirkie Marais, Anesta Kloppers en Gazelle Kylander Foto: Michelle Roodt

Jannas verwelkom nuwe jong Adjunkhoof

Jannas verwelkom nuwe jong Adjunkhoof Die 33-jarige Chris-Juan Ras is opgewonde oor sy nuwe pos as adjunkhoof by Hoërskool Jan Viljoen.   1 Februarie 2021   Hoërskool Jan Viljoen is baie opgewonde om hulle nuwe adjunkhoof, Chris-Juan Ras, 33, by die Jannas-familie te verwelkom.  Chris-Juan het sy B- en honneursgraad aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom verwerf en vir die afgelope 12 jaar by Glenharvie Combined skoolgehou waar hy onderskeidelik in sy eerste departementele pos asook in ‘n departementshoofpos aangestel is.  Hy het vertel dat dit vir hom die nodige ervaring gegee het om aansoek te doen by Hoërskool Jan Viljoen.   Ek is opgewonde oor hierdie nuwe begin by Jannas en sien daarna uit om ‘n verskil te maak, omdat dit die regte skool daarvoor is.”   Chris-Juan besef dat hy nog eers sy voete moet vind, maar hy is gereed vir sy taak. “Ek wil die kinders op ‘n holistiese vlak ontwikkel, soos wat Jan Viljoen alreeds doen. Wanneer hulle eendag terugkyk moet hulle kan sê dat hulle gegroei het in die aspekte waarin hulle reeds goed gevaar het, en beter gevaar het in afdelings waarmee hulle voorheen gesukkel het.”   Hy het vertel dat hy passievol is oor sport en kultuur as ‘n geheel, en dit by Jan Viljoen wil verbeter. In 2016 is Chris-Juan by die National Teacher Awards as die Distrikwenner aangewys en het daarna die Distrik by die Gautengse toekennings verteenwoordig waar hy as die nommer een-onderwyser vir laerskoolonderrig in Gauteng aangewys is.   ‘n Persoonlike doelwit wat hy het is om eendag ‘n skoolhoof te word. Chris-Juan Ras is die nuwe adjunkhoof by Hoërskool Jan Viljoen Foto: Michelle Roodt

‘n Lewe na Matriek

'n Lewe na Matriek Hoërskool Jan Viljoen se matrieks van 2020 is reg om die grootmenswêreld te betree.   29 Desember 2020 Daleen Nel Jacorene Visser George Schmulling Henro Steyn Monique van Dyk

Jannas-matrieks opgewonde oor nuwe skooljaar

Jannas-matrieks opgewonde oor nuwe skooljaar Zurica van Heerden Louis Smit Nicole Roodt Ronaldo Pretorius Michelle Kruger

Jannas se nuwe leiers vir 2021 is …

Jannas se nuwe leiers vir 2021 is … Hoërskool Jan Viljoen spog met hul groep leiers wat die skool gedurende 2021 sal lei. December 11, 2020   Hoërskool Jan Viljoen het onlangs hul Verteenwoordigende Raad vir Leerders (VRL) vir die nuwe termyn van 2020/ 2021 aangewys.   Meneer Sarel Steyn, hoof van Hoërskool Jan Viljoen het gesê dit was lekker om uiteindelik ‘n bietjie saam met die nuwe groep leiers en hul ouers te kuier ten spyte van ‘n baie deurmekaar jaar.   Die hoofseun en -dogter vir 2021 is Louis Smit en Zurica van Heerden, en die onderhoofseun en -dogter is Austin Nel en Nicole Roodt. Anje Grové is verkies as sekretaresse.   Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat tot die VRL verkies is en ons is opgewonde om te sien wat julle volgende jaar met al die opwindende projekte gaan vermag.   Douglas McArthur, een van die VSA se grootste militêre leiers het gesê:  "A true leader has the confidence to stand alone, the courage to make tough decisions, and the compassion to listen to the needs of others.” Nicole Roodt (onderhoofdogter), Louis Smit (hoofseun), Zurica van Heerden (hoofdogter), Austin Nel (onderhoofseun), en Anje Grové (sekretaresse) Foto: Anita Nel van Nianda Studio

Jannas-atlete haal uit en wys tydens Gauteng-kampioenskappe

Jannas-atlete haal uit en wys tydens Gauteng-kampioenskappe Vier atlete van Hoërskool Jan Viljoen het aan die Gauteng-kampioenskappe deelgeneem.   11 Maart 2020   Vier atlete van Hoërskool Jan Viljoen is gekies om aan die Gauteng-atletiekkampioenskappe deel te neem.   Die leerders het Vrydag, 6 Maart en Saterdag 7 Maart aan die kampioenskappe deelgeneem wat by die Ruimsig Stadion gehou is.   Hierdie vier Jannas-atlete is vir die Gauteng-kampioenskappe gekies: • Arno Jansen van Vuuren: o.19-hoogspring • Juanita Bester: o.19-driesprong • Eddy Mahlayeye: 100m hekkies en verspring vir o.15’s • Keagan Taylor: o.15-diskus   Arno ‘n vierde plek behaal met ‘n persoonlike beste hoogte van 1,94m.  Hoërskool Jan Viljoen wens die atlete baie geluk met hul wonderlike prestasies Juanita Bester, Eddy Mahlayeye, Keagan Taylor en Arno Jansen van Vuuren Foto: Tammy Smith

Jannas se nuwe Graad 8 Graadverteenwoordigers

Jannas se nuwe Graad 8 Graadverteenwoordigers Jannas het hul nuwe Graad 8 Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) aangewys.   6 Maart 2020   Hoërskool Jan Viljoen het onlangs hul nuwe Graad 8 Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) aangewys.   Dit is met groot opgewondenheid dat ons die nuwe leiers verder kan ontwikkel om eendag op Jannas se topbestuur te dien en dalk bestuursposte by hulle werke te beklee.   Daar is ongelooflike sterk leierseienskappe onder die leerders en dat Jan Viljoen nie kan wag om te sien wat die toekoms vir hulle inhou nie. Ayden Peach, Hestia Bouwer, Jeneva Welkom en Itumeleng Motitsoe

Evan is gebore met vele talente

Evan is gebore met vele talente 16 Februarie 2020   Evan Grobbelaar van Hoërskool Jan Viljoen het die asems weggeslaan met sy vermaaktalent tydens vanjaar se groentjiekonsert. Maar dis nie al wat hy kan doen nie … Om ‘n talent vir iets te hê is glad nie vreemd vir dié Graad 10-leerder nie.   Hy is in November 2019 as die tweede beste klavierspeler in Suid-Afrika aangewys, maar Evan speel nie net klavier nie. Sy kennis van musiek strek ver. “Ek speel ook kitaar, elektriese kitaar, ukulele en trom,” het hy vertel.   Daarbenewens is Evan as die 2019 Pom-pom van die Jaar aangewys.   “Ek is nie juis die fiksste of maerste persoon nie maar ek sê nie nee vir ‘n uitdaging nie. Voor ek my oë kon uitvee was ek deel van ‘n wonderlike span wat uiteindelik die wenners van die 2019 Randfontein Skou se pom-pomkompetisie was.

Jannas-groentjiekonsert sorg vir groot vermaak

Jannas-groentjiekonsert sorg vir groot vermaak 27 Januarie 2020   Hoërskool Jan Viljoen se nuwe groep Graad 8-leerders het hulle gate uit geniet by die 2020-groentjiekonsert.  Na weke van groentjies wees is die Graad 8’s nou amptelik deel van die Jannas-gesin. Hulle het hul ontgroeningstyd afgesluit deur die jaarlikse groentjiekonsert aan te bied.  Loer gerus hier wat die Graad 8’s vir die gehoor aangebied het …

Onvergeetlike Ope dae!

Onvergeetlike Ope dae! 26 April 2018   "PUIK!  Dit was regtig wonderlik!"  "Dankie vir julle gasvryheid en die pragtige uitstallings.  Ons het regtig op ons gemak gevoel." Wat het die graad 7's van besoekende laerskole beweeg om sulke woorde te spreek?  Op 17 en 18 April 2018 het ongeveer 300 graad 7 leerders by Jannas gekuier tydens ons baie suksesvolle ope dae.  Hierdie jaar wou ons 'n groot, helder beeld hê deur middel van die tema:  Neon.  Dit was 'n uitnodiging om te sê, kom wees deel van ons groot, vriendelike voetspore!   Jannas se inligtingsaande, gehou op Woensdag, 18 April en Donderdag, 19 April was 'n groot sukses.  Ouers is in die saal verwelkom deur ons hoof, mnr Sarel Steyn waarna verskeie sprekers gevolg het.  Die graad 7 leerders en hulle ouers het 'n asemrowende vertoning deur Jannas pom-poms geniet waarna die graad 7's verdaag het en lekker om die kampvuur gaan kuier het.  Ouers is in verskeie groepe verdeel na die vergadering en deur die skool geneem deur verskeie toerleiers.   Die Departement van Onderwys se aanlyn registrasies vir 2019 open op Maandag 16 April 2018 en sluit op 28 Mei 2018 vir voornemende Graad 8's.

Jannas J-Squad deur na die volgende rondte van World of Dance

Jannas J-Squad deur na die volgende rondte van World of Dance 26 April 2018   Jannas se pom-poms is welbekend vir hul prestasies in Randfontein asook buite die dorp.  Een daarvan was om vir vyf agtereenvolgende jare as die kampioen van die Randfontein Skou gekroon te word.  Hul afrigter is die bekende Mario Gomes.   Op 15 April 2018 neem ons pom-poms vir die eerste keer deel aan die internasionale dans kompetisie, World of Dance, wat gehou is by Gold Reef City in die Lyric Theatre.   Groot was die opgewondenheid toe die beoordelaars aankondig dat ons asemrowende pom-poms deurdring na die volgende rondte.  Hierdie kompetisie sal gehou word op Sondag, 13 Mei 2018.   Ons is trots op Jannas pom-poms wat ons skool se naam hoog hou.

Michelle se nagtegal stem maak opslae

Michellé se nagtegal stem maak opslae 25 April 2018 Michellé Kruger, 'n graad 8 leerder van Hoërskool Jan Viljoen, het nog altyd 'n passie, en met dié passie wat haar lewe dryf is dit duidelik dat dié jong kunstenaar nog groot opslae in die musiekbedryf wil maak. Michellé sing al reeds van die ouderdom 5-jaar.   “Ek het baie vroeg in my lewe besef dat my stem ʼn gawe uit God se hand uit is, daarom is dit vir my ʼn voorreg om te sing,” vertel Michellé.   Behalwe vir Michelle se talent agter die mikrofoon, speel sy ook graag klavier, blokfluit en kitaar.  Sy is tans deeltyds besig met haar Graad 4 in musiek aan die universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Haar debut album, Die oomblik is nou, het in 2016 die lig gesien. Michellé is gedurende 2017 as Jannas se kultuur dogter van die jaar aangewys. “Dit was vir my ʼn groot voorreg om die toekenning te ont-vang. Dit wys net weer dat my Godgegewe talent erken word en dat ek dit nooit onder ʼn maatemmer moet wegsteek nie,” vertel Michellé trots.   Michellé het ook gedurende 2017 aan die Raca Kunswedstryd deelgeneem en met mikrofoon in die hand een van dié kunswedstryd se grootste toekennings losgesing. Michellé is tydens die 2017 Raca Kunswedstryd as die algehele wenner in die sang afdeling aangewys.   Michelle vertel dat dit haar droom is om eendag ʼn voltydse loopbaan van haar passie vir sing te maak en dat sy dit geniet om te sing. Sy verduidelik dat dit haar grootse doelwit om eendag ʼn professionele kunstenaar te wees.  Michelle se droom is om eendag haar eie musiekskool oop te maak om ander kinders soos sy te help om hul talent te ontgin.

Van Trolle tot ware Jan Viljoeners

Van Trolle na ware Jan Viljoeners! 15 Februarie 2018 Die eens Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molle is nou ware Jannas-leerders! Die voormalige Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molle – ook bekend as Graad 8’s – is nou ware Jannas-leerders.  Maandag, 12 Februarie 2018 was 'n besondere dag in die lewens van hierdie Graad 8’s.   Die leerders is nou ware Jan Viljoeners en is daarom welkom geheet deur ‘n erewag van honderde trotse ouers en die skool se VRL. Die res van die skool het opgewonde vir die leerders hande geklap terwyl hulle in volle skooldrag op maat van tradisionele marsmusiek die saal binnegestap het.  Meneer Steyn, ons nuwe skoolhoof, het die leerders herinner dat hulle verantwoordelik is vir hulle eie keuses en dat dit hul sukses bepaal. “Jy kies jou vriende. Jy kies of jy wil werk of nie. Werk hard en jy sál suksesvol wees. Onthou altyd, You can do it!” Juffrou Steyn, een van die Graad 8-voogde, het riglyne vir sukses gegee en Spreuke 2:6 en Filippense 4:8 voorgelees:  “Ons is geskape om volmaak te wees – om suksesvol te wees en om gelukkig te wees.”

Jannas Troll by groentjiekonsert

Jannas Troll by groentjiekonsert 9 Februarie 2018 Honderde Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molle, ook bekend as 2018 se Jannas Graad 8-leerders, is op 7 en 8 Februarie 2018 by Hoërskool Jan Viljoen met ‘n groentjiekonsert uit die boonste rakke verwelkom.   In vanjaar se groentjiekonsert het die Groentjeis ‘n tipiese dag in ‘n Graad 8-leerder se skoene uitgebeeld. In plaas daarvan om een of twee hoofkarakters vir die konsert aan te wys, is daar vier of vyf hoofkarakters uit elke klas gekies. Dit is om almal deel van die pret te maak en niemand uit te sonder nie.  Daar is gesing, gedans en drukkies uitgedeel – nes dit regte Trolle betaam. Die gehoor is vermaak met liedjies uit die Troll-fliek en die Graad 12-leerders het seker gemaak dat hul eie keuse van liedjies die gehoor laat skaterlag het.   Daar was ook ‘n spesiale gaskunstenaar, Nico Swartz wat bekend is vir sy danspassies langs Hendrik Potgieterweg in Roodepoort, wat spesiaal kom dans het op maat van Robbie Wessels se Mpe Di Hoenor.   Die teks vir dié jaar se konsert is deur twee Jannas se dinamiese onderwyseresse geskryf, Bianca Briedenhann en Nirica Crous.   Soos al die vorige jare was 2018 se groentjiekonsert 'n REUSE sukses.

 1,303 total views