Gemma Botha is Jannas se toppresteerder
Die 18-jarige Gemma Botha het vertel dat dit ‘n groot eer en voorreg is om Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder te wees.
Daar was groot blydskap tydens die vrystelling van die 2022 matriekresultate – veral vir Gemma Botha, wat aangewys is as Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder. Die 18-jarige Gemma het vertel dat dit ‘n groot eer en voorreg is om die toppresteerder te wees en sy is baie dankbaar.
Tans het sy drie onderskeidings en het vier vakke wat hul gaan hermerk, so in die toekoms mag dit dalk verander.
Een woord wat haar matriekjaar opsom is ‘transformerend’. Vir vanjaar se matrikulante het sy die volgende om te sê: “Gee jou alles wat jou akademie aanbetref, hierdie is die een jaar wat die fondasie gaan lê vir die res van jou lewe, dit kan vir jou baie deure oopmaak!”

Gemma Botha is aangewys as Hoërskool Jan Viljoen se toppresteerder


