Jannas-matrieks van 2022 in die wolke

Daar was enorme trots en blydskap op die gesigte van Jannas-leerders en matrieks van 2022 tydens die afhaal van hul uitslae op Vrydagoggend, 20 Januarie.

 

 

Die dag het uiteindelik aangebreek … ‘n dag waar talle matrikulante van Hoërskool Jan Viljoen hul langverwagte matriekresultate kon ontvang.

 

Op Vrydag, 20 Januarie was daar enorme trots en blydskap op die gesigte van Jannas-leerders. Die matrikulante van 2022 het vroeg die oggend al by die saal aangemeld en die goeie nuus met vriende gedeel. Diè stuk papier wat hulle afgehaal en so hard voor gewerk het was baie belangrik. Nou gaan hulle die grootmenswêreld betreë.

Onyeka Udodi is baie trots op homself

Christiné Steynberg en Rico Zaayman met hul uitslae

Nompumelelo Luthuli met haar resultate

Simoné Surrall en Karla Beukes

Mattéo Nienaber en Anelda Victor

Neo Seiso, Kgothatso Senyelo en Murendeni Kwinda