Jannas vier 85ste bestaansjaar
“Later sou die skool trots bekend staan as Hoërskool Jan Viljoen vir beide tegniese en akademie inskrywings om matriek te voltooi” – Onderwyser.
Die leerders van Hoërskool Jan Viljoen het op Vrydag, 17 Februarie 2023 hul skool se 85ste verjaarsdag gevier deur die nommer 85 op die skool se vierkant uit te beeld. Een van ons onderwyser , mnr Rudi van Wyk het vertel dat die skool se bestaansjare op verskeie maniere gevier gaan word regdeur die jaar. Hy het ook ‘n bietjie geskiedenis ons skool se bestaan gegee – die skool is amptelik op 18 Oktober 1939 geopen deur die destydse burgemeester van Randfontein, mnr MN Smith as ‘n Tegniese College wat sou doseer in beide Afrikaans en Engels.
“Later sou die skool trots bekendstaan as Hoërskool Jan Viljoen vir beide tegniese en akademie inskrywings om matriek te voltooi.”
Mnr Rudi het verder vertel dat die skoolgeboue ‘n baken in Randfontein is en het oor die jare duisende leerders by die voordeur laat instap en hulle gevorm tot volwaardige landsburgers van hulle gemeenskappe.
“Ons doen ‘n beroep op alle oud-Jannas leerders om deel te vorm van die skool se feesvieringe en hulle weer op te roep tot ons leuse – Labore Ad Lucem [Deur Arbeid na Lig] en deel te vorm van die 85ste Feesjaar.”

Die leerders van Hoërskool Jan Viljoen het hul skool se 85ste verjaarsdag gevier deur die nommer 85 op die skool se vierkant te vorm

Die skoolgeboue staan as bakens in die gemeenskap


