Ses nuwe onderwysers vir Jannas!

Hoërskool Jan Viljoen is baie opgewonde om hierdie nuwe onderwysers by hulle te verwelkom.

 

 

Hoërskool Jan Viljoen het die voorreg om ses nuwe onderwysers by hulle skool te verwelkom nog voor die nuwe skooljaar begin.

 

Die nuwe onderwysers is baie opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk in hulle lewens.  Hulle is Heine Kleinhans, Maruschka Meiring, Rayno Wagner, Gazelle Kylander, Dirkie Marais en Anesta Kloppers.  Heine gaan onderrig gee in Tegniese Wetenskap en Fisiese Wetenskappe, Maruschka gee Sosiale Wetenskappe en Lewensoriëntering, Rayno gee Wiskunde en Lewensoriëntering Sport, Gazelle gee Natuurwetenskap, Dirkie gee Wiskunde Geletterdheid en Lewensoriëntering Sport, en Anesta gee Afrikaans.  Hoërskool Jan Viljoen sien baie daarna uit om die nuwe onderwysers aan die Jannas-leerders voor te stel.

Gazelle Kylander, Dirkie Marais, Anesta Kloppers

Foto: Michelle Roodt

Agter:  Heine Kleinhans, Maruschka Meiring, Rayno Wagner

Foto: Michelle Roodt

Agter:  Heine Kleinhans, Maruschka Meiring, Rayno Wagner
Voor:  Dirkie Marais, Anesta Kloppers en Gazelle Kylander

Foto: Michelle Roodt