Jannas-atlete haal uit en wys tydens Gauteng-kampioenskappe

Vier atlete van Hoërskool Jan Viljoen het aan die Gauteng-kampioenskappe deelgeneem.

 

 

Vier atlete van Hoërskool Jan Viljoen is gekies om aan die Gauteng-atletiekkampioenskappe deel te neem.

 

Die leerders het Vrydag, 6 Maart en Saterdag 7 Maart aan die kampioenskappe deelgeneem wat by die Ruimsig Stadion gehou is.

 

Hierdie vier Jannas-atlete is vir die Gauteng-kampioenskappe gekies:

• Arno Jansen van Vuuren: o.19-hoogspring

• Juanita Bester: o.19-driesprong

• Eddy Mahlayeye: 100m hekkies en verspring vir o.15’s

• Keagan Taylor: o.15-diskus

 

Arno ‘n vierde plek behaal met ‘n persoonlike beste hoogte van 1,94m.  Hoërskool Jan Viljoen wens die atlete baie geluk met hul wonderlike prestasies

Juanita Bester, Eddy Mahlayeye, Keagan Taylor en
Arno Jansen van Vuuren

Foto: Tammy Smith