Onvergeetlike Ope dae!

26 April 2018

 

“PUIK!  Dit was regtig wonderlik!”  “Dankie vir julle gasvryheid en die pragtige uitstallings.  Ons het regtig op ons gemak gevoel.”

Wat het die graad 7’s van besoekende laerskole beweeg om sulke woorde te spreek?  Op 17 en 18 April 2018 het ongeveer 300 graad 7 leerders by Jannas gekuier tydens ons baie suksesvolle ope dae.  Hierdie jaar wou ons ‘n groot, helder beeld hê deur middel van die tema:  Neon.  Dit was ‘n uitnodiging om te sê, kom wees deel van ons groot, vriendelike voetspore!

 

Jannas se inligtingsaande, gehou op Woensdag, 18 April en Donderdag, 19 April was ‘n groot sukses.  Ouers is in die saal verwelkom deur ons hoof, mnr Sarel Steyn waarna verskeie sprekers gevolg het.  Die graad 7 leerders en hulle ouers het ‘n asemrowende vertoning deur Jannas pom-poms geniet waarna die graad 7’s verdaag het en lekker om die kampvuur gaan kuier het.  Ouers is in verskeie groepe verdeel na die vergadering en deur die skool geneem deur verskeie toerleiers.

 

Die Departement van Onderwys se aanlyn registrasies vir 2019 open op Maandag 16 April 2018 en sluit op 28 Mei 2018 vir voornemende Graad 8’s.