Jannas J-Squad deur na die volgende rondte van World of Dance

26 April 2018

 

Jannas se pom-poms is welbekend vir hul prestasies in Randfontein asook buite die dorp.  Een daarvan was om vir vyf agtereenvolgende jare as die kampioen van die Randfontein Skou gekroon te word.  Hul afrigter is die bekende Mario Gomes.

 

Op 15 April 2018 neem ons pom-poms vir die eerste keer deel aan die internasionale dans kompetisie, World of Dance, wat gehou is by Gold Reef City in die Lyric Theatre.

 

Groot was die opgewondenheid toe die beoordelaars aankondig dat ons asemrowende pom-poms deurdring na die volgende rondte.  Hierdie kompetisie sal gehou word op Sondag, 13 Mei 2018.

 

Ons is trots op Jannas pom-poms wat ons skool se naam hoog hou.