Michellé se nagtegal stem maak opslae

25 April 2018

Michellé Kruger, ‘n graad 8 leerder van Hoërskool Jan Viljoen, het nog altyd ‘n passie, en met dié passie wat haar lewe dryf is dit duidelik dat dié jong kunstenaar nog groot opslae in die musiekbedryf wil maak. Michellé sing al reeds van die ouderdom 5-jaar.

 

“Ek het baie vroeg in my lewe besef dat my stem ʼn gawe uit God se hand uit is, daarom is dit vir my ʼn voorreg om te sing,” vertel Michellé.

 

Behalwe vir Michelle se talent agter die mikrofoon, speel sy ook graag klavier, blokfluit en kitaar.  Sy is tans deeltyds besig met haar Graad 4 in musiek aan die universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Haar debut album, Die oomblik is nou, het in 2016 die lig gesien. Michellé is gedurende 2017 as Jannas se kultuur dogter van die jaar aangewys. “Dit was vir my ʼn groot voorreg om die toekenning te ont-vang. Dit wys net weer dat my Godgegewe talent erken word en dat ek dit nooit onder ʼn maatemmer moet wegsteek nie,” vertel Michellé trots.

 

Michellé het ook gedurende 2017 aan die Raca Kunswedstryd deelgeneem en met mikrofoon in die hand een van dié kunswedstryd se grootste toekennings losgesing. Michellé is tydens die 2017 Raca Kunswedstryd as die algehele wenner in die sang afdeling aangewys.

 

Michelle vertel dat dit haar droom is om eendag ʼn voltydse loopbaan van haar passie vir sing te maak en dat sy dit geniet om te sing. Sy verduidelik dat dit haar grootse doelwit om eendag ʼn professionele kunstenaar te wees.  Michelle se droom is om eendag haar eie musiekskool oop te maak om ander kinders soos sy te help om hul talent te ontgin.

Michelle Kruger