Van Trolle na ware Jan Viljoeners!

15 Februarie 2018

Die eens Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molle is nou ware Jannas-leerders!

Die voormalige Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molle – ook bekend as Graad 8’s – is nou ware Jannas-leerders.  Maandag, 12 Februarie 2018 was ‘n besondere dag in die lewens van hierdie Graad 8’s.

 

Die leerders is nou ware Jan Viljoeners en is daarom welkom geheet deur ‘n erewag van honderde trotse ouers en die skool se VRL. Die res van die skool het opgewonde vir die leerders hande geklap terwyl hulle in volle skooldrag op maat van tradisionele marsmusiek die saal binnegestap het.  Meneer Steyn, ons nuwe skoolhoof, het die leerders herinner dat hulle verantwoordelik is vir hulle eie keuses en dat dit hul sukses bepaal.

“Jy kies jou vriende. Jy kies of jy wil werk of nie. Werk hard en jy sál suksesvol wees. Onthou altyd, You can do it!”

Juffrou Steyn, een van die Graad 8-voogde, het riglyne vir sukses gegee en Spreuke 2:6 en Filippense 4:8 voorgelees:  “Ons is geskape om volmaak te wees – om suksesvol te wees en om gelukkig te wees.”