Jannas Troll by groentjiekonsert

9 Februarie 2018

Meneer en juffrou Steyn

Honderde Peske-Moeske-Woeske-Tinke-Troll-Molle, ook bekend as 2018 se Jannas Graad 8-leerders, is op 7 en 8 Februarie 2018 by Hoërskool Jan Viljoen met ‘n groentjiekonsert uit die boonste rakke verwelkom.

 

In vanjaar se groentjiekonsert het die Groentjeis ‘n tipiese dag in ‘n Graad 8-leerder se skoene uitgebeeld. In plaas daarvan om een of twee hoofkarakters vir die konsert aan te wys, is daar vier of vyf hoofkarakters uit elke klas gekies. Dit is om almal deel van die pret te maak en niemand uit te sonder nie.  Daar is gesing, gedans en drukkies uitgedeel – nes dit regte Trolle betaam. Die gehoor is vermaak met liedjies uit die Troll-fliek en die Graad 12-leerders het seker gemaak dat hul eie keuse van liedjies die gehoor laat skaterlag het.

 

Daar was ook ‘n spesiale gaskunstenaar, Nico Swartz wat bekend is vir sy danspassies langs Hendrik Potgieterweg in Roodepoort, wat spesiaal kom dans het op maat van Robbie Wessels se Mpe Di Hoenor.

 

Die teks vir dié jaar se konsert is deur twee Jannas se dinamiese onderwyseresse geskryf, Bianca Briedenhann en Nirica Crous.

 

Soos al die vorige jare was 2018 se groentjiekonsert ‘n REUSE sukses.

Gemma Botha en Chanelda Prinsloo